Saturday 16 January 2016

Organiese Molekule Kaartspeletjie

Die Organiese Molekule Kaartspeletjie is oorspronklik saamgestel deur Ellen McHenry van die Basement Workshop. Met toestemming het ek dit in Afrikaans vertaal.




Doel van die speletjie
Om die konsep te versterk van hoe atome kombineer met koolstof om organiese molekules te maak, met spesiale aandag aan hoeveel verbindings elke tipe atoom kan maak (koolstof kan vier maak, waterstof net een, ens)

Ouderdoms groep
9 tot 14

Beskrywing van speletjie:
Individuele kaarte is gemerk met die afkortings vir die elemente C, H. O, Cl, N, Br. Elke kaart wys ook hoeveel bindings die atoom kan maak. Spelers sit hul kaarte uit met hul speelbeurt om 'n groot organiese molekule te vorm. So probeer hul om ontslae te raak van al die kaarte in hul hand.

Tyd benodig:
Sommige speletjies is vinnig verby, in net 5-10 minute. Maar die meeste speletjies neem langer, ongeveer 20 minute. Spelers moet aangemoedig word om die speletjie 'n paar keer te speel, die uitkoms van elke spel kan anders wees (soos die molekules gevorm).

Wat jy benodig:
Afskrifte van die patroon bladsye.

Laai die speletjie HIER af. 

Hierdie speletjie kan deel uitmaak as kinders besig is om Chemie en die Periodieke Tabel te leer.

Lekker speel.

Groete

Maryna

2 comments:

Anonymous said...

Baie oulik en ek dink veral visuele en kinestetiese leerders kan baie baat vind hierby.

Maryna Moolman said...

Dankie Elize, ja ek glo ook so. Selfs ook net vir praktiese inoefening.

Post a Comment